Custom Printing & Personalised Gifts | Based in Sasolburg | Delivering Nationwide 🚚

Roetshaven Fisherman’s Paradise – Selfsorg Akkommodasie & Visvang by die Vaalrivier

Roetshaven Fisherman’s Paradise – Selfsorg Akkommodasie & Visvang by die Vaalrivier picture

Op soek na rustige selfsorg akkommodasie by die Vaalrivier? Roetshaven Fisherman’s Paradise bied die perfekte wegbreek vir visvang, ontspanning en kwaliteit tyd langs die rivier.

Geleë tussen Viljoenskroon, Potchefstroom en Klerksdorp, is hierdie hengelparadys ideaal vir families, vriende en almal wat wil ontsnap van die stad se gejaag.

Selfsorg Chalets met Pragtige Uitsig oor die Vaalrivier

Roetshaven Fisherman’s Paradise bied netjiese en gerieflike 2 selfsorg chalets met alles wat jy nodig het vir ’n ontspanne naweek of vakansie.

Hier kan jy geniet van:

✔ Direkte toegang tot die Vaalrivier vir visvang
✔ Pragtige rivier uitsigte
✔ Swembad vir warm somersdae
✔ Braai geriewe vir daai lekker kuier
✔ Rustige omgewing perfek vir ontspanning

Of jy nou kom vir hengel langs die Vaalrivier, ’n gesinswegbreek, of net ’n stil naweek weg van die geraas – Roetshaven bied presies wat jy nodig het.

Die Ideale Visvang & Naweek Wegbreek Bestemming

As jy hou van:

• Visvang naweke
• Selfsorg verblyf in Noordwes
• Rustige rivier akkommodasie
• Wegbreek tussen Potchefstroom en Viljoenskroon

Dan is Roetshaven Fisherman’s Paradise jou volgende bestemming.

Hier gaan dit oor rus, natuur, en daai perfekte hengel-oomblikke wat memories maak.

Tariewe

💰 Vanaf slegs R550 per nag

Bekostigbare selfsorg akkommodasie by die Vaalrivier sonder om op kwaliteit of gerief in te boet.

Bespreek Jou Verblyf Vandag

📞 062 419 1150
📞 084 209 7278

Kom maak memories langs die rivier… Roetshaven Fisherman’s Paradise wag vir jou.

✨ Trots ondersteun deur ELT Creations – Supporting Local. Growing Together.
#eltcreations

Share on Share on Facebook Share on Twitter Share on WhatsApp
Click here to contact us on WhatsApp